Contracts TrainingSales Management TrainingBusiness Writing CourseProject Management CourseBusiness Communication Training

       ARTICLE

Afleggings ontstellend hoog

18 June 2009

Johannebsurg. – Baie maatskappye is in hul derde ronde van afleggings terwyl hulle in ’n stryd om oorlewing is, het die opleidingsorganisasie AstroTech Donderdag gesê.
“Ons sien ’n ontstellende styging in afleggings,” het me. Liza van Wyk, uitvoerende hoof van AstroTech, gesê.

Volgens me. Celeste Allan, AstroTech-fasiliteerder, het afleggings van Desember tot Januarie vermeerder en het sedertdien voortgeduur om te styg.

“Sommige maatskappye het twee tot drie keer afleggings in werking laat tree oor die afgelope vyf maande.

“Ek beraam dat baie maatskappye personeel tot 25% verminder het en dit is regoor alle bedrywe van vervoer, advertensiewese, vervaardiging, myne, inligtingstegnologie en selfs omgewings-tipe besighede,” het Allan gesê.

Maatskappye moet die getal mense wat hul afgelê het aan die departement van arbeid voor te lê, maar die department se woordvoerder, me. Page Boikanyo, het gesê hulle het geen syfers vir afleggings nie.

“Data van Statistieke Suid-Afrika (SSA) skets ’n ontstellende prentjie van maatskappye wat misluk het in die stryd om te oorleef,” het AstroTech gesê.

SSA het berig dat indien die eerste kwartaal van 2009 met die eerste kwartaal van 2008 vergelyk word, was daar stygings van 58,7% in maatskappylikwidasies en 36,8 % in likwidasies van geslote korporasies. – Sapa