Contracts TrainingSales Management TrainingBusiness Writing CourseProject Management CourseBusiness Communication Training

       ARTICLE

Matriek - en universiteitsdruipelinge kos SA miljarde

Monday, 12 January 2009

[Praag]
Matrieks en studente wat druip kos die belastingbetaler elke jaar miljarde rande. Die ekonomiese en morele koste hievan moet dringend deur die parlement aangespreek word, het die uitvoerende beampte van twee topopleidingsorganisasies vandag in Johannesburg gesê.
Liza van Wyk, die uitvoerende beampte van AstroTech and Biztech, sê: "Die parlement behoort dringend die uitdaging aan te spreek rondom 'n halfmiljoen matrieks wat oor die afgelope twee jaar gedruip het en wat min toekomsvooruitsigte het in 'n snel globaliserende wêreld waar onderwys die sleutel tot 'n mededingende voordeel is."
Sy het gesê dat druipelinge in skole en universiteite, tesame met die buitengewoon hoë uitvalkoers die belastingbetaler miljarde aan vermorsde klasgelde kos en die ekonomie met lae vaardigheid en toenemende armoede bedreig.
In 2002 het twee akademici by die Universiteit van Pretoria se departement van finansiële bestuur, DG Gouws en HP Wolmarans bereken dat universiteitsdruipelinge die Suid-Afrikaanse belastingbetaler 'n ongelooflike R1,3 miljard per jaar kos. Dié syfer verteenwoordig die hoeveelheid regeringsubsidie wat vermors word deur die druipsyfer van ongeveer 20% van ingeskrewe studente of rofweg 125 000 studente wat elke jaar aan Suid-Afrikaanse tersiëre inrigtings dop.
Dié koerse het oor die afgelope ses jaar vererger. Tussen 35% en 40% van studente aan tersiêre inrigtings val uit voordat hulle hul studies voltooi. Dié persentasie vergelyk swak met die internasionaal aanvaarbare koers van 10%.
Volgens Liza van Wyk beteken dit dat 'n halfmiljoen matriekdruipelinge gevoeg is by die miljoene werkloses in Suid-Afrika se strate, iets wat misdaad verder gaan laat opvlam, asook armoede en die siektes soos cholera gaan vererger.